Lyrics
Op die lippe van die horison
'N Pêrel in 'n winterstong
Kaalvoet, singend oor die Draak se rug
Hou my vas dis snoesig hier
Vuurwerke langs 'n rooi rivier
Ons spoke voed steeds bossies in die nag
Ek weet jy weet wat ek weet, seun
Dra ons vlae, spoeg ons kreet
Ons val weer
Ons val weer
Tussen karavaan en harde grond
Het ek 'n wegkruip plek vir ons
Ek wil jou red maar ek is veels te dom
Ons buurman maak sy panga skerp
Familie bou is harde werk
Straataf sing 'n volksvreemde trom
Kop op, oë oop, volg die maan
Ek sal langs die onbekende staan
Ons staan weer
Ons staan weer
Here neem my boontoe
Ek mis my verstand
Here ons kyk boontoe
My verdwaalde land
Renoster in 'n SuperSpar
'N Loopgeweer, 'n towernaar
Ek soek jou naam gekerf in koningsaal
Swanesang van 'n stinkhoutwiel
Wat dwarsloop oor 'n kakisiel
Voel soms beter as die hemel val
Karoo vlakte, yster grond
Hart vol donker, mond vol stof
Ons roep Heer
Ons roep Heer
Here neem my boontoe
Ek mis my verstand
Here ons roep boontoe
My verdwaalde land
Here neem my boontoe
Ek mis my verstand
Here ons kyk boontoe
My verdwaalde land
Here neem my boontoe
Ek mis my verstand
Here ons skree boontoe
My verdwaalde land