Playing via Spotify Playing via YouTube
Skip to YouTube video

Loading player…

Scrobble from Spotify?

Connect your Spotify account to your Last.fm account and scrobble everything you listen to, from any Spotify app on any device or platform.

Connect to Spotify

Dismiss

A new version of Last.fm is available, to keep everything running smoothly, please reload the site.

Ek Dink Ek Val Vir Jou - Lyrics

Elke keer as ek jou sien
Klop my hart gevaarlik
En als raak stil om my
As jy glimlag
Draai my wereld stadig
Jy is nou die ritme in als vir my

Soos jy wegstap klop my hart ‘n drafstap
En ek snak na asem
Jy kry my op die plek waar alles in my kantel
Woorde wankel
Jou soene my kan red

Jou oë, jou mond, jou lyf, ek's beenaf op jou
Jy sit my in 'n spin ek's beenaf op jou
Ek val al dieper soos jy wegstap
Jy maak my mal ek dink ek val vir jou

Elke keer nes ek wil vra
Vir jou naam en nommer
Verlaat my woorde my
En as ek jou kon bel
Sou ek vir jou vertel
Jy is die rede in als vir my

Soos jy wegstap klop my hart 'n drafstap
En ek snak na asem
Jy kry my op die plek waar alles in my kantel
Woorde wankel
Jou soene my kan red

Jou oë, jou mond, jou lyf, ek's beenaf op jou
Jy sit my in 'n spin ek's beenaf op jou
Ek val al dieper soos jy wegstap
Jy maak my mal ek dink ek val vir jou

Soos jy daar staan wens ek, ek kon
Ek kon jou net vertel
Daar is geen woorde om jou prag
Jou skoonheid te beskryf
Ek wens ek was die een by wie
By wie jy snags inkruip

Jou oë, jou mond, jou lyf, ek's beenaf op jou
Jy sit my in 'n spin ek's beenaf op jou
Ek val al dieper soos jy wegstap
Jy maak my mal ek dink ek val vir jou

Jou oë, jou mond, jou lyf, ek's beenaf op jou
Jy sit my in 'n spin ek's beenaf op jou
Ek val al dieper soos jy wegstap
Jy maak my mal ek dink ek val
Ek is verlief, verlief op jou
Ek het geval, ek het geval vir jou

Don't want to see ads? Subscribe now

API Calls