Playing via Spotify Playing via YouTube
Skip to YouTube video

Loading player…

Scrobble from Spotify?

Connect your Spotify account to your Last.fm account and scrobble everything you listen to, from any Spotify app on any device or platform.

Connect to Spotify

Dismiss

A new version of Last.fm is available, to keep everything running smoothly, please reload the site.

Biography

  • Born

    11 October 1956 (age 62)

  • Born In

    Bloemfontein, Free State, South Africa

Coenie de Villiers is 'n Vrystater van geboorte. Hy studeer nagraads Kommunikasiekunde en Bemarking, maar van kindsbeen af is musiek vir hom 'n passie. Loopbaangewys bevind hy hom in die uitsaaiwese as omroeper, regisseur en programbestuurder by verskeie van die land se top radiostasies, as akademikus gee hy vir meer as 'n dekade klas in mediakunde, en was onder meer Kommunikasiebestuurder vir Anglo-American se gouddivisie. Hy het jarelange televisie-ervaring, en is tans anker-aanbieder van die program Kwêla op KykNET, die Afrikaanse televisiekanaal. Hy word in 2002 aangewys as beste Afrikaanse onderhoudvoerder in Suid-Afrika, en beskik ook oor 'n ARTES toekenning as beste Engels- en Afrikaanse programmaker in die radiobedryf. Later vorm hy deel van die konsortium wat die radiostasie OFM (voorheen bekend as Radio Oranje) by die SABC koop. Hy word aangestel as direkteur in 'n reklamemaatskappy in Johannesburg, en is tans Hoofbestuurder van Eliance Communication, wat deel uitmaak van die gelyste McCarthy Groep van maatskappye in Suid-Afrika.

Coenie is egter allerweë bekend as een van Suid-Afrika se beste komponiste en woordkunstenaars. Sy elf albums het verskeie toekennings gewen, en die nuutste album ZEN is tans genomineer as beste album in Afrikaans. Verskeie van Suid-Afrika se voorste musikante het reeds saam met hom op sy albums en ook op die verhoog verskyn, o.a. Leslie Rae Dowling, Laurika Rauch, David Kramer, Jonathan Butler en Sipho Gumede. Hy het die album AMPER ALLEEN in Griekeland opgeneem, en het reeds opgetree in Nieu-Seeland, Australië, België, Holland, Engeland en Kanada. As sanger en klavierkunstenaar is kritici dit eens dat hy min gelyke het, maar dit is as liedjieskrywer dat Coenie hom werklik tuisvoel. Dit is veral sy Afrikaanse liriek wat dikwels met van die beste ter wêreld vergelyk word. In 2019 vier Coenie de Villiers veertig jaar in die musiekbedryf.

https://musicmagsa.co.za/2019/06/top-10-things-you-did-not-know-about-coenie-de-villiers-in-2019/

Edit this wiki

Don't want to see ads? Subscribe now

Similar Artists

Features

API Calls